Bategebaseerde benadering (BGB)

Get Complete Project Material File(s) Now! »

HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG

INLEIDING

In die vorige hoofstuk het ek ʼn oorsig verskaf van die navorsing wat in hierdie studie gedoen is. My konseptuele raamwerk word gebou op die literatuurstudie in hierdie hoofstuk. Die hoofstuk begin deur die literatuur wat verband hou met die konstruk van verhoudinge te ontleed, gevolg deur besprekings van die BGB en aspekte van verhoudinge binne dié benadering. In hierdie besprekings het ek gepoog om relevante en gekose teorieë krities te ontleed, moontlike leemtes in die teorieë aan te dui asook te wys op moontlike areas waar my studie tot bestaande teoretiese basisse kan bydra. Figuur 2.1 is ʼn visuele voorstelling van watter deel van die studie relevant is in hierdie hoofstuk.

KONSTRUK: VERHOUDINGE

Wat is ʼn verhouding? Dit blyk uit my bestudering van die literatuur dat daar nie ʼn eenvoudige of konsekwente antwoord op hierdie vraag bestaan nie. Die literatuur verskaf verskillende teorieë en filosofiese perspektiewe oor die konstruk van verhoudinge. Vir die doel van hierdie studie het ek wyd gelees oor verhoudinge uit verskillende navorsingsvelde (Adler, Rosenfeld & Proctor, 2004; Baron & Paulus, 1991; Bartholomew, 1990; Beach, 1992; Berscheid, 1982; Kelly,Berscheid, Christensen, Harvey, Huston, Levinger, Mcclintock, Peplau, &Peterson, 1983; Bevcar & Bevcar, 1988; Bowlby, 1969, 1980; Brehm, 1992;Brewer & Miller, 1996; Bronfenbrenner, 1986; Buber & Smith, 2002; Clark &Mills, 1993; Clark, Mills & Corcoran, 1989; Connors, 2007; Dillard, Solomons &Palmer, 1999; Donald et al., 2002; Du Brin, 2000; Feeney & Noller,1990;Giddens, 1991; Hall, 2001; Hazan & Shaver, 1987; Hemetsberger, 2002; Clark &Mills, 1993; Harari, 1995; Kingket & Verkuyken, 1999; Koper, Pannekeet,Hendriks en Hummel, 2004; Landman, 1977; Littlejohn, 1996; Luo, 2002;Lussier, 1999; Meyers, 1988; Rusbult, 1983; Rusbult & Buunk, 1993; Rusbult & van Lange, 2002; Semenya, 2002; Shaver & Buhrmeister, 1983; Shaver &Hazan, 1992 Tesser, 1985,1995; Tesser & Paulhus, 1983; Thibault & Kelly,1959, 1978; Trenholm, 1991). Ek het inligting uit hierdie bronne hersien en kritiesbeoordeel op grond van relevansie en kwaliteit. In hierdie afdeling van my literatuurhoofstuk gee ek my insigte oor verhoudinge weer – in terme van die teoretiese aspekte wat ek as relevant beskou het in die bestudering van verhoudinge binne die BGB.

 Verhoudinge: verskillende perspektiewe en teorieë

Ek is van mening dat die verskeidenheid teorieë en perspektiewe oor verhoudinge wat in die verskillende velde bespreek word, mekaar komplementeer eerder as weerspreek. As ʼn gevolg het ek nie slegs een verhoudingsteorie as uitgangspunt en ondersteuning vir hierdie studie gekies nie.Ek het ʼn kombinasie van verhoudingsteorieë gebruik, in ʼn poging om te verklaar en te voorspel hoekom die deelnemers in hierdie studie die konstruk van verhoudinge binne ʼn bategebaseerde raamwerk op ʼn sekere manier ervaar het. My aanname is dat hierdie teorieë onderling afhanklik is en in hierdie hoofstuk is daar gekyk op watter wyse. Ek het, waar van toepassing, aangedui dat verskillende sieninge in die onderskeie velde bestaan, maar dat daar ook teoretiese oorvleuelings en ooreenkomste in beskouinge rondom verhoudinge is.My bestudering van verhoudinge is ingelig vanuit die volgende velde: sosiologie en sosiale sielkunde, sielkunde, opvoedkundige sielkunde, menslike verhoudinge en hulpbronne, opvoedkunde en filosofie. Ek bespreek vervolgens die relevansie van elk van hierdie kennisbasisse vir my studie.

 ʼn Sosiologiese en sosiale sielkundeperspektief op verhoudinge

Navorsing oor verhoudinge kom oorwegend voor op die gebied van die sosiologie en sosiale sielkunde (Bevcar & Bevcar, 1988; Brewer & Miller, 1996;Donald et al., 2002; Koper, Panekeet, Hendriks en Hummel, 2004; Luo, 2002;Tal-Or, Philosoph, Shapira & Malca, 2005; Meyers, 1988; Rusbult & van Lange,2002; Tesser, 1995). Dit blyk dat ander studievelde dikwels teorieë wat in hierdie veld oor verhoudinge ontwikkel is, gebruik as basis om teorieë in hul velde te ontwikkel. Ek beskou die feit dat daar soveel verskillende teorieë oor verhoudinge bestaan as positief, aangesien verskillende navorsers verskillende prosesse, faktore en uitwerkings onderliggend aan die konstruk van verhoudinge uitlig. Teorieë vanuit die sosiologie en sosiale sielkunde wat ek vervolgens bespreek, is die sosiale normebenadering, die selfevalueringinstandhoudingsteorie, die prosesteorie van emosionele belewing in die konteks van interpersoonlike verhoudinge, die interafhanklikheidsoriëntasieteorie, en die beleggingsteorie van verhoudinge. Ek vereenselwig my met die mees algemene definisie van verhoudinge soos beskryf deur Kelly, Berscheid, Christensen, Harvey, Levinger, McClintock, Peplau en Peterson (1983). Hierdie outeurs stel dit dat verhoudinge bestaan as twee of meer mense sterk, gereelde en diverse uitwerkings op mekaar het oor ʼn uitgebreide tydperk. Met ander woorde, wanneer mense in verhoudinge is, beïnvloed hulle mekaar se gedrag en welstand. Een persoon kan ʼn invloed hê op wat ʼn ander doen, asook hoe ʼn ander voel. Hiervolgens impliseer verhoudinge vir my ʼn interafhanklikheid – mense maak staat op mekaar, het gesag oor mekaar en beïnvloed mekaar. Nog ʼn definisie van verhoudinge deur Brehm (1992) wat hierby aansluit en wat ek ondersteun, noem dat verhoudinge gekenmerk word deur drie aspekte, naamlik interafhanklikheid,behoeftebevrediging en emosionele verbintenis. Tydens data-analise moes ek kennis  neem van hierdie definisies om te probeer bepaal waar die definisies op my deelnemers se response van toepassing is.
Navorsers wat verhoudinge bestudeer, is van mening dat die verskillende interpersoonlike verhoudingsteorieë geldig is vir en van toepassing is op alle tipes verhoudinge (byvoorbeeld vriendskapsverhoudinge, liefdesverhoudinge, dokter-en-pasiëntverhoudinge en verhoudinge tussen werkskollegas, om net ʼnpaar te noem) (Tesser, 1995). Vir my studie kan die toepassing van verskillende verhoudingsteorieë op verskillende tipes verhoudinge impliseer dat die teorieë ook toegepas kan word op die verskillende tipes verhoudinge in die onderskeie sisteme van my studie. Voorbeelde hiervan is verhoudinge binne die BGI-groep, verhoudinge tussen groeplede en gemeenskapslede, verhoudinge tussen kollegas en verhoudinge tussen groeplede en instansies/dienslewerende organisasies. Vervolgens bespreek ek geselekteerde sosiologiese en sosiale sielkunde-teorieë oor verhoudinge:Sosiale normebenadering: Onderskeiding tussen kommunale en uitruilingsverhoudinge Hierdie teorie werk vanuit die benadering dat mense sosiale norme deel. Hierdie normdeling bepaal moontlik hoekom mense van mekaar hou, of nie; en hoe verhoudinge oor ʼn langer tydperk funksioneer (Clark & Mills, 1993; Tesser, 1995). Die fokus lê in hierdie benadering in die bestudering van sosiale norme wat die gee en ontvang van belonings in verhoudinge behels. Clark en Mills (1993) wys daarop dat daar ʼn onderskeid bestaan tussen kommunale en uitruiltipes verhoudinge. Kommunale verhoudinge word gekenmerk deur een persoon se gevoelens van verantwoordelikheid teenoor iemand anders se welstand. Belonings word gegee in reaksie op die ander persoon se behoeftes of om die ander persoon te behaag. Hierdie tipe verhoudinge bestaan meestal tussen mense wat mekaar reeds goed ken, byvoorbeeld in vriendskaps- en familieverhoudinge. In teenstelling behels uitruilverhoudinge gewoonlik interaksies tussen mense wat nie ʼn spesiale verantwoordelikheid voel teenoor mekaar se behoeftes nie, soos vreemdelinge, of waar mense mekaar minder goed ken, soos in sommige verhoudinge by die werk. Indien die verhouding meer geheg raak, raak die kommunale aspek daarvan groter. Die voordeel van ʼn kommunale tipe verhouding is sekuriteit en die vermoë om mekaar se behoeftes te bevredig, sonder om te veel terug te verwag. Clark en Mills (1993) het deur hul navorsing bewys dat hoe hoër die motivering om die ander persoon se behoeftes te bevredig, hoe sterker die kommunale verhouding. Clark, Mills en Corcoran (1989) reken dat indien iemand ʼn uitruiltipe verhouding bo ʼn kommunale tipe verkies, die persoon goed sal reageer wanneer vergoeding ontvang word vir ʼn bydrae. Dienooreenkomstig sal uitruiltipe verhoudinge beteken dat mense uitgebuit sal voel indien hul bydrae nie erken word nie.
Vir my studie kan die sosiale normebenadering ʼn sinvolle bydrae lewer in die verstaan van verhoudinge binne die bategebaseerde benadering wat ek bestudeer het. Deur te probeer bepaal wat deelnemers aan my studie se sosiale norme en voorkeurtipe verhouding is, kon ek moontlik bepaal wat hul behoeftes ten opsigte van verhoudinge binne die bategebaseerde benadering is.Kommunale gerigtheid behoort volgens die sosiale normebenadering te dui op ʼn uitreiking na mekaar: om mekaar te help, goed te voel daarna, mekaar se bydraes te ag en erken, en om positief op emosies te reageer. My kritiek teen die sosiale normebenadering is dat verskeie ander faktore wat verhoudinge kan beïnvloed, genegeer word. Na my mening sien hierdie benadering byvoorbeeld kommunikasie en sosiale invloede oor die hoof. Selfevalueringsinstandhoudingsteorie
Volgens hierdie teorie kan mense se verhoudinge met ander hul selfbeeld beïnvloed aan die hand van twee interpersoonlike prosesse, naamlik refleksie en vergelyking (Beach, 1992; Tesser, 1985, 1995; Tesser & Paulhus, 1983). Deur jouself met iemand anders te vergelyk wat swakker as jy vaar in ʼn situasie, kan jou prestasie goed voorkom en sodoende jou selfbeeld versterk. Die teenoorgestelde is ook geldig, naamlik wanneer jy jouself met iemand vergelyk wat beter as jy vaar, kan jy sleg voel oor jouself en jou selfbeeld verswak. Hoe sterker die verhouding tussen mense, hoe sterker die reaksie op die vergelyking.Tydens die refleksieproses gebeur dit dat indien een persoon in ʼn verhouding sukses ervaar, die ander ook daarby sal baat. Wanneer een lid van ʼn groep ʼn prys ontvang, kan die ander ook goed voel omdat hulle die persoon ken. Die teenoorgestelde gebeur ook, waar iemand negatiewe gevoelens beleef omdat die persoon wat hy of sy ken, ʼn negatiewe ervaring gehad het. Baumeister en Leary (1995) verduidelik verder dat die betrokke domein sentraal staan tot die reaksie van mense. Vir my studie het hierdie teorie betekenis aangesien dit moontlik verklarings kan bied vir die vorming en instandhouding van verhoudinge. Mense vorm klaarblyklik sterk verhoudinge wanneer hulle voel hul selfbeeld word ondersteun deur die bepaalde verhoudinge. Aan die ander kant kan verhoudinge moontlik bedreig word indien twee mense dieselfde doel nastreef in dieselfde domein en een van die twee hom of haar negatief vergelyk met die ander een. Prosesteorie van emosionele belewing in konteks van interpersoonlike verhoudinge Ek ondersteun Berscheid (1982) en Kelly, Berscheid, Christensen, Harvey, Levinger, McClintock, Peplau en Peterson (1983) se siening dat interafhanklikheid tussen mense ʼn voorvereiste vir die bestaan van ʼn verhouding is. Mense in ʼn verhouding het ʼn invloed op mekaar se lewens: kognitief, emosioneel en/of op mekaar se gedrag. Hoe hegter die verhouding en hoe groter die interafhanklikheid, hoe hewiger sal emosionele reaksies in die verhouding wees. Volgens Berscheid (1982) word iemand se daaglikse gedrag in georganiseerde eenhede gerangskik wat tot outomatiese aksie lei. Hoe hegter ʼn verhouding, hoe meer verweef is die verskillende aksies tussen mense. Emosie word gewek wanneer een persoon ʼn ander se aksies versteur – verskillende emosionele reaksies kan ontstaan soos byvoorbeeld woede of besorgdheid. Die hegtheid van ʼn verhouding word bepaal deur aspekte soos hoe gereeld die interaksie is, die aard daarvan en hoe sterk die invloed is wat mense op mekaar het. Vir my studie kan hierdie teorie relevant wees indien vasgestel kon word of gedeelde belange hegte verhoudinge tussen deelnemers bewerkstellig of versterk het, en hoe deelnemers emosioneel op versteurings in hul aksies gereageer het. Behalwe die emosionele invloed, kon ek ook (volgens die beginsels van hierdie teorie) verhoudinge probeer verstaan aan die hand van kognitiewe en gedragsinvloede.
Interafhanklikheidsoriëntasieteorie en beleggingsteorie van verhoudinge Die interafhanklikheidsoriëntasieteorie is ontwikkel deur Thibaut en Kelley (1959). Die beleggingsteorie van Rusbult is ʼn uitbreiding op die interafhanklikheidsoriëntasieteorie en word beskryf in Rusbult (1980; 1983) en Rusbult en Buunk (1993). Die fokus in hierdie teorieë is op die aard van die verhouding tussen mense eerder as op die mense self. Klem word gelê op die harmonie en balans tussen die versekering van welstand en die mag wat mense in ʼn verhouding oor mekaar het, asook doelwitte wat gemeenskaplik is. Die verhouding tussen mense is net so belangrik soos die mense self. Volgens Rusbult (1983) is toewyding as ʼn kognitiewe veranderlike hier van toepassing.
Hoe meer toegewyd iemand in ʼn verhouding is, hoe meer opofferings sal so ʼn persoon maak. Volgens Thibault en Kelly (1978) is faktore wat hierdie toewyding bepaal, onder meer: belegging in die verhouding (tyd, emosie en moeite), die bevrediging wat die verhouding verskaf, en ook die opweeg van kwaliteit alternatiewe tot die spesifieke verhouding. Aan die ander kant bestaan die moontlikheid dat iemand heelwat in ʼn verhouding belê en ongelukkig is in die verhouding, maar aangesien geen (of geen beter) alternatiewe tot die spesifieke verhouding bestaan nie, bly hy of sy in die verhouding. Vir my studie impliseer hierdie teorie dat ek resultate sal vertolk op grond van die volgende: om moontlik te bepaal of te voorspel of iemand in ʼn bategebaseerde verhouding toegewyd is al dan nie, en akkommoderend optree. Verder kan ek moontlik vasstel tot welke mate mense in verhoudinge binne die bategebaseerde benadering mekaar vertrou of wantrou; vertolk hoe gedrag in hierdie verhoudinge gekoördineer word om doelwitte te bereik; asook hoe bereid die mense in hierdie verhoudinge is om opofferings te maak.Koper et al. (2004) beaam dit dat toewyding sentraal staan in verhoudinge.Volgens hulle bestaan daar ʼn verband tussen iemand se tevredenheid met ʼn verhouding en dieselfde persoon se toewyding (bereidwilligheid om inligting te deel) aan die verhouding. Hall (2001) brei uit op die beleggingsteorie met die stelling dat verskillende onderliggende redes kan bestaan waarom lede van ʼn gemeenskap bereid sal wees om te deel. Hierdie onderliggende redes sluit in:
persoonlike behoeftes (mense het verwagtinge dat indien hulle deel, hulle sal terugontvang); reputasie (indien mense deel kan hulle hul sigbaarheid in die gemeenskap verhoog, wat moontlik kan lei tot persoonlike gewin, byvoorbeeld meer werk of aansien in die toekoms); altruïsme (die idee dat indien iemand deel vorm van die gemeenskap dit “goed is vir die samelewing”, veral wanneer ʼn bydrae as belangrik en relevant beskou word) en ten laaste tasbare vergoeding soos geld in ruil vir deelname.
In hierdie studie is die interafhanklikheidsoriëntasieteorie en uitbreiding van bestaande teorie (soos die beleggingsteorie) relevant. In dié verband kan ek moontlik bepaal welke behoeftes sekere individue in verhoudinge binne die bategebaseerde benadering het en tot watter mate hierdie behoeftes tydens BGI bevredig is. Ek stem saam met Hemetsberger (2002) dat gemeenskaplike doelwitte, en dikwels ook waardes, belangrik is vir suksesvolle verhoudinge in groepe. In my studie het ek gepoog om te bepaal of doelwitte gestel was in die groepe en hoe die doelwitte verhoudinge in die groep beïnvloed het.

READ  Connecting Purchases, Market Forces and Networks

VOORWOORD en DANKBETUIGINGS 
ABSTRACT 
SLEUTELTERME / KEY CONCEPTS
LYS VAN TABELLE
LYS VAN FIGURE
LYS VAN FOTO’Si
LYS VAN BYLAE 
HOOFSTUK 1 OORSIG EN ORIËNTASIE VAN DIE STUDIE 
1.1 INLEIDING EN RASIONAAL VAN STUDIE 
1.1.1 Waarom verhoudinge in die bategebaseerde benadering?
1.1.2 Waarom verhoudinge?
1.2 NAVORSINGSVRAE
1.3 KONSEPTUELE RAAMWERK EN TEORETIESE AANNAMES
1.3.1 Bategebaseerde benadering (BGB)
1.3.2 Verhoudingsteorieë – insluitend die ekosisteemteorie
1.3.3 Fenomenografie
1.4 PARADIGMATIESE PERSPEKTIEF 
1.5 NAVORSINGSMETODE EN –STRATEGIE
1.5.1 Navorsingsontwerp
1.5.2 Data-insameling
1.5.3 Databronseleksie
1.5.4 Keuse van deelnemers
1.5.5 Data-analise en interpretasie
1.6 UITLEG VAN HOOFSTUKKE
1.7 SLOTOPMERKING
HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG
2.1 INLEIDING 
2.2 KONSTRUK: VERHOUDINGE
2.2.1 Verhoudinge: verskillende perspektiewe en teorieë
2.2.1.1 ʼn Sosiologiese en sosiale sielkundeperspektief op verhoudinge
2.2.1.2 Sielkundige perspektief op verhoudinge
2.2.1.3 ʼn Opvoedkundige sielkundige perspektief op verhoudinge
2.2.1.4 Menslike verhoudinge en menslike hulpbronne – ʼn perspektief op verhoudinge
2.2.1.5 ʼn Opvoedkundige en filosofiese perspektief op verhoudinge
2.2.2 Opsomming
2.3 BATEGEBASEERDE BENADERING
2.3.1 Verhoudinge binne die bategebaseerde benadering (BGB)
2.4 KONSEPTUELE RAAMWERK VIR DIE STUDIE 
2.5 SLOTOPMERKING
HOOFSTUK 3 NAVORSINGSMETODOLOGIE EN -STRATEGIE
3.1 INLEIDING 
3.2 PARADIGMATIESE AANNAMES
3.2.1 Metateoretiese paradigma
3.2.2 Metodologiese paradigma
3.3 NAVORSINGSPROSES EN AGTERGROND 
3.4 NAVORSINGSONTWERP EN -METODOLOGIE
3.4.1 Fenomenografie
3.4.2 Seleksie van gevalle en deelnemers
3.4.3 Data-insameling en dokumentering
3.4.3.1 Fenomenografiese data-insameling
3.4.4 Data-analise en -interpretasie
3.5 ETIESE ASPEKTE 
3.6 ROL VAN DIE NAVORSER
3.7 KWALITEITSKRITERIA 
3.7.1 Geloofwaardigheid
3.7.2 Oordraagbaarheid
3.7.3 Vertroubaarheid
3.7.4 Bevestigbaarheid
3.8 SLOTOPMERKING 
HOOFSTUK 4 RESULTATE VAN DIE STUDIE
4.1 INLEIDING 
4.2 AGTERGROND
4.2.1 Bategebaseerde intervensiewerkswinkels
4.2.2 Data-insameling: fenomenografiese onderhoude
4.3 BESKRYWENDE KATEGORIEË VAN DEELNEMERS SE ERVARINGE
4.3.1 Kategorie 1: Kommunikasie (“koukus oor ʼn koppie tee”)
4.3.1.1 Subkategorie 1.1: Kommunikasie ter wille van samesyn en ondersteuning
4.3.1.2 Subkategorie 1.2: Vertroulikheid tydens kommunikasie
4.3.1.3 Subkategorie 1.3: Kommunikasievaardighede
4.3.2 Kategorie 2: Spanwerk (“as ons saam is kan ons dinge laat gebeur”)
4.3.2.1 Subkategorie 2.1: Omstandighede waarin spanwerk plaasvind
4.3.2.2 Subkategorie 2.2: Samewerking en doelwitte in spanwerk
4.3.3 Kategorie 3: Omgee en ondersteuning (“deur dik en dun”)
4.3.3.1 Subkategorie 3.1: Wyse van omgee en ondersteuning
4.3.3.2 Subkategorie 3.2: Aard van omgee en ondersteuning
4.3.4 Kategorie 4: Hindernisse by veranderinge (“ons het ons voete gesleep”)
4.3.5 Kategorie 5: Veranderinge as gevolg van verhoudinge (“die lig het aangegaan ”)
4.3.5.1 Subkategorie 5.1: Emosionele veranderinge
4.3.5.2 Subkategorie 5.2: Kennisverwerwing
4.3.5.3 Subkategorie 5.3: Interpersoonlike veranderinge
4.3.5.4 Subkategorie 5.4: Netwerke
4.4 UITKOMSRUIMTE
4.5 SLOTOPMERKING
HOOFSTUK 5 NAVORSINGSBEVINDINGE 
5.1 INLEIDING 
5.2 BEVINDINGE VAN DIE STUDIE
5.2.1 Spanwerk
5.2.1.1 Omstandighede waarin spanwerk plaasvind
5.2.1.2 Samewerking en doelwitte in spanwerk
5.2.2 Kommunikasie
5.2.2.1 Kommunikasie ter wille van samesyn en ondersteuning
5.2.2.2 Vertroulikheid tydens kommunikasie
5.2.2.3 Kommunikasievaardighede
5.2.3 Omgee en ondersteuning
5.2.3.1 Wyses van omgee en ondersteuning
5.2.3.2 Aard van omgee en ondersteuning
5.2.4 Veranderinge as gevolg van verhoudinge
5.2.4.1 Emosionele veranderinge
5.2.4.2 Kennisverwerwing
5.2.4.3 Interpersoonlike veranderinge
5.2.4.4 Netwerke
5.2.5 Hindernisse by veranderinge
5.3 SLOTOPMERKING 
HOOFSTUK 6 OORSIG, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS
6.1 INLEIDING 
6.2 HOOFSTUKOORSIG
6.3 GEVOLGTREKKINGE AAN DIE HAND VAN NAVOR-SINGSVRAE 
6.3.1 Watter uitkomsruimte beskryf die konstruk van verhoudinge in die BGB?
6.3.2 Hoe kan bategebaseerde verhoudinge gekonseptualiseer word?
6.3.4 Hoe kan bategebaseerde verhoudinge gekonseptualiseer word?
6.4 FINALE REFLEKSIES
6.4.1 Moontlike bydrae van my studie
6.4.2 Moontlike beperkinge van die studie
6.5 AANBEVELINGS
6.6 TEN SLOTTE
BRONNELYS 

GET THE COMPLETE PROJECT

Related Posts