Great danger in the enemy country ”: Popular fiction about the Congo

Get Complete Project Material File(s) Now! »

Hoofstuk 3 “Die eerste roep uit die Noorde”:1 Naar Congoland. Een reisbeschrijving (D.F. Malan, 1913)

In hierdie hoofstuk kom D.F. Malan se baanbrekende teks, waarin daar vir die eerste keer berig word oor ’n Afrikaner se reis tot in die Kongo, aan bod. Meer nog: daar blyk uit hierdie teks dat die rede vir Malan se reis was om Afrikaners in die Kongo namens die NG Kerk te besoek. Hiermee word ’n Afrikaner-teenwoordigheid in die Kongo in die vroeë twintigste eeu geïmpliseer – iets wat aan NG Kerk-lidmate van daardie era (wat die lyfblad De Kerkbode gelees het) bekend was, maar nie aan die huidige geslag lidmate, of Afrikaners in die algemeen, voor die onlangs verskene biografie oor Malan waarin sy reis tot in die Kongo genoem word nie (Koorts 2014:91-102). Hieroor later meer.

Inleiding

Malan se teks word eerste, en in ’n afsonderlike hoofstuk, bespreek, al sou dit sin gemaak het om die “godsdienstige reisigers” saam te groepeer, dit wil sê naas Malan ook Johannes du Plessis en J.A. Retief se tekste (wat in hoofstuk 4 aan bod kom) in te sluit. Die rede vir hierdie skeiding is eerstens prakties van aard: dit is baie moeilik om reg te laat geskied aan sowel Malan as Du Plessis en Retief se tekste waarin die Kongo figureer in een hoofstuk, as gevolg van die omvang van so ’n bespreking. Verder releveer Malan se teks ’n hele aantal kwessies wat verband hou met Afrikaner-setlaargemeenskappe ten noorde van die Limpopo (byvoorbeeld hul NG Kerk-verband, die probleme as gevolg van die miskenning van hul taal, die rassekwessie, en die gevaar van “verwildering”), wat in Du Plessis en Retief se tekste minder aandag geniet of 89 ontbreek, ten gunste van ’n breër missionêre ingesteldheid (met as fokus die Christelik-gereformeerde sendingaksies in Afrika). Malan was NG-predikant, toe die eerste redakteur van Die Burger, en van daar af het sy pad na die aktiewe politiek gelei. Du Plessis was ’n akademikus (dosent by die NG Kerk se Kweekskool te Stellenbosch) met ’n spesiale belangstelling in en ywer vir die sending. Sy reise, wat in omvang en metode herinner aan dié van die Victoriaanse sendingreisiger (byvoorbeeld Livingstone), is vervat in verskeie geskrifte en verskillende tale. Die beroepsendeling Retief is ’n relatief mindere figuur in hierdie tipe geselskap, maar as tydgenoot van Malan en Du Plessis is sy teks (wat gebaseer is op reise in Afrika, maar ook sy etnografiese kennis ten toon stel) van belang vir hierdie studie oor beeldvorming ten opsigte van die Kongo/Midde-Afrika tydens die koloniale era. As sendeling-reisiger sluit sy teks nouer aan by Du Plessis s’n as by Malan se teks.
Alhoewel die fokus van hierdie hoofstuk val op Malan se indrukke van die Kongo, die Afrikaners in die Kongo, en die Kongo as beoogde deel van die “taalpad” van Hollandse/Afrikaanse invloed, is dit feitlik onmoontlik om nie ook aspekte van die “groter” reis – wat Zimbabwe en Zambië insluit – hier te betrek nie. Enersyds gaan dit oor die integriteit van Malan se teks, wat nie netjies in drie dele verdeel sodat die Kongo apart bespreek kan word nie. Die beeld van Midde-Afrika in 1912 ontvou soos die reis vorder, en dit is nodig om byvoorbeeld vlugtig stil te staan by Malan se tot-teks-maak van die Victoria-waterval, om die teëhanger (die Kongo-“woesteny”) in perspektief te kan plaas. Malan se besoek aan Zimbabwe gee ook ’n stem aan die Afrikaner-setlaar in die Noorde, wat slegs in geringe mate (en bemiddeld deur Malan) van die Afrikaner-setlaars in die Kongo gesê kan word.

D.F. Malan: toe en nou

D.F. Malan (1874-1959) is nie ’n vergete figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie. In 2011 verskyn daar byvoorbeeld ’n artikel deur Ferdi Greyling ((2011:14) in Beeld met die opskrif “Zuma dink soos D.F. Malan”. In hierdie artikel word president Zuma se “besware teen die feit dat die howe ’n verkose regering (die ANC) aan bande kan lê”, geknoop aan die Nasionale Party-regering onder D.F. Malan, wat in die apartheidsera, ten spyte van die grondwet wat bruin mense se stemreg verskans het, bloot ’n wet aanvaar het wat bruin mense hul stemreg ontneem het. Greyling (2011:14) haal verskeie uitsprake van Zuma aan wat volgens hom ooreenstem met dié van Malan in die 1940’s, en konkludeer:
Wat dele van die ANC klaarblyklik nie verstaan nie (en wat Malan en sy NP ook nie verstaan het nie), is dat ’n verkose regering nie ’n land gegee word soos Lodewyk XVI Frankryk gekry het nie. Hy verwerf eerder die reg om die land te bestuur ingevolge die betrokke grondwet en die howe is die bewaarder van daardie grondwet – teen my, my buurman én die verkose party van die dag.”
Dit is duidelik Greyling se bedoeling om Zuma se besware teen die regstaat (soos dit in ’n demokratiese bestel erken behoort te word) te diskrediteer deur dit vergelyk met die ondermyning van die reg deur die destydse apartheidsregering onder D.F. Malan – ’n politieke figuur wie se naam sinoniem geword het met apartheid. Sy nalatenskap in die breëre Suid-Afrikaanse postapartheid-konteks word gewoonlik nie in ’n positiewe lig beskou nie.2
Hierteenoor moet genoem word dat daar tydens die apartheidsera twee Malan-studies verskyn het: dié van Booyens (1969), wat net die eerste veertig jaar van Malan se lewe dek, en dié van Thom (1980). Hierdie studies kan tereg beskou word as die produkte van die apartheidsera (sien Korf 2010:4) en getuig van ’n simpatieke, en in laasgenoemde geval selfs eerbiedige, benadering van die Malan-figuur. ’n Meer genuanseerde beeld van D.F. Malan, gebaseer op argivale navorsing wat gebruik kon maak van Malan se privaatversameling dokumente, sowel as dié van sy Nasionalistiese tydgenote, kom na vore in ’n resente navorsingstudie deur Lindie Korf (nooiensvan van Lindie Koorts). In 2005 word ’n Magisterverhandeling in Historiese Studies, getiteld D.F. Malan: An intellectual biography, deur me. Korf aan die Universiteit van Johannesburg voltooi. Sy volg hierdie verhandeling op met ’n D.Phil-proefskrif, D.F. Malan: a political biography, waarmee sy in 2010 by die Universiteit van Stellenbosch promoveer. In haar opsomming voor in haar proefskrif (2010) gee sy haar doelstelling soos volg weer:
It endeavours to to provide a warts -and-all account of D.F. Malan which challenges myths and stereotypes surrounding his public persona and his political orientation. While the overwhelming focus is on Malan’s political career, special attention is paid to his personal life in order to paint a multi-faceted picture of his character.
Hierdie politieke biografie word deur Korf as “revisionist” beskryf in die sin dat dit bekende terrein betree, maar dat dit as oogmerk het …to provide a new interpretation of archival material. It aims at dismantling the stereotypes that surround D.F. Malan – and by producing a more nuanced image of Malan, it hopes to shed some light on the intricacies of Afrikaner nationalism during the first half of the twentieth century. (2010:1)
Hieruit blyk haar uitgangspunt: om oor Malan in sy tyd te skryf, en nie oor Malan en sy tye nie (2010:2). Albei Korf se Malan-biografieë kan verder beskou word as voorbeelde van die “krities-interpretatiewe” biografie en nie van hagiografie (kommemoratiewe biografie) nie (sien Korf 2010:2).
In haar inleiding tot die publikasie wat uit bogenoemde navorsing voortgevloei het – DF Malan en die opkoms van Afrikanernasionalisme (2014) – skryf Koorts soos volg oor geskiedskrywing en haar uitgangspunte as biograaf:
Biograwe is, net soos die persone oor wie hulle skryf, kinders van hul tyd. Hul konteks vorm die vrae wat hulle vra en dié biografie is die produk van ’n post -apartheid-omgewing. Tog is dit ook die biograaf se plig om die vrae van ’n ander era met erns te bejeën en die mense oor wie hy of sy skryf deur die oë van hul eie tyd te verstaan. Dit is waarna hierdie biografie streef: om ’n hedendaagse leser te laat deel in hierdie begrip van die verlede, selfs al is dit met tye ongemaklik, sonder om te probeer regverdig of apologeties te wees. In stede daarvan kan die ongemak wat biografie meebring ’n mens help om om die ingewikkeldheid van die geskiedenis te verstaan … ’n Oorsig van pertinente aspekte van sowel Korf (2005) as Korf (2010) word vervolgens aangestip, soos dit kontekstueel Malan se lewe, werk en veral Naar Congoland in perspektief stel.

READ  Thermodynamic properties of muscle contraction models and associated discrete-time principles 

Hoofstuk 1:“Ek het gesoek na Afrika”
1.1 Inleiding en rasionaal
1.2 Probleemstelling
1.3 Doelstelling van studie
1.4 Afbakening van studieveld
1.5 Literatuuroorsig
1.6 Navorsingsvrae
1.7 Navorsingsmetodologie
1.8 Verdere opmerkings
1.9 Struktuur van proefskrif (hoofstukindeling):
Hoofstuk 2: “’n Diskoers met sterte”: ’n teoretiese raamwerk vir Afrikaanse tekste oor die Kongo
2.1 Imperialisme vis-à-vis kolonialisme
2.2 Koloniale/postkoloniale teorie
2.3 “Africanism”
2.4 “Whiteness studies” .
2.5 Imperiale oë? Die reisteks in die laat-negentiende en vroeg-twintigste eeue
2.6 Samevatting en gevolgtrekking
Hoofstuk 3: “Die eerste roep uit die Noorde”: Naar Congoland. Een reisbeschrijving (D.F. Malan, 1913)
3.1 Inleiding
3.2 D.F. Malan: toe en nou
3.3 Breë politieke en godsdienstige landskap: 1890-1920
3.4 “A pious late-Victorian, Modernist, Idealist, Romantic, Nationalist”
3.5 “Vrijwel tot in het hart van Afrika”: Naar Congoland (1913)
3.6 Samevatting en gevolgtrekking
Hoofstuk 4: Die transkontinentale sendingsreis: Een toer door Afrika (Johannes du Plessis) en Ontdekkings in Midde-Afrika (J.A. Retief)
4.1 Johannes du Plessis: Een toer door Afrika (1917a)
4.2 J.A. Retief: Ontdekkings in Midde-Afrika (1951)
4.3 Samevatting en gevolgtrekkin
Hoofstuk 5: “Eens was ik in een dorp in de Noordelike Kongo”: Gijsbertus Seubring, wêreldwandelaar
5.1 “A veritable giant of a man”
5.2 “Die gasvryheid van Afrika”
5.3 “Wilde men in wilde, onbekende landen reizen
5.4 Oeuvre: omvang en resepsiegeskiedenis
5.5 Seubring se Afrika-diskoers
5.6 Samevatting en gevolgtrekking
Hoofstuk 6: “Groot gevaar in die vyandsland”: Populêre fiksie oor die Kongo
6.1 Inleiding
6.2 Populêre fiksie: die teenoorgestelde van Literatuur?
6.3 Van “Romanticist Gothic” tot pulpfiksie: tipes populêre literatuur
6.4 Die imperiale avontuur
6.5 Die Eurosentriese diskoers in populêre tekste oor Midde-Afrika/ die Kongo in Afrikaans (1940 1960)
6.6 Opsomming en gevolgtrekkingHoofstuk 7: Voetspore: Herinnering en ’n nuwe nostalgie in tekste oor die Kongo
7.1 “Niks gaan ooit verby nie …”: Tien blou krale en drie lemoene: kinderdae op Nauhoho (Hannie Maritz 1997)
7.2 “Verwelkom deur ’n yslike leërmag”: ’n besoek aan die Kongo in 1951
7.3 “Die kleure van Afrika” (Harry Kalmer)
7.4 Die Nuwe Nostalgie
7.5 Die Nuwe Groot Trek?
7.6 Samevatting en gevolgtrekking
Hoofstuk 8: “Ewe gemaklik in Antwerpen as … by ’n padblokkade in die ooste van die Kongo”: Afrikaanse tekste oor die Kongo (1960-2012)
8.1 Weerklank of respons? Die Kongo in Afrikaanse populêre fiksie tussen 1960 en 1982
8.2 Afrikaanse tekste oor die Kongo: die postkoloniale era
8.3 Samevatting en gevolgtrekking
“The eyes in the trees”: Bevindinge en aantekeninge
9.1 Die Kongo as “heart of darkness” in Afrikaanse tekste
9.2 Die Kongo as “Eldorado”
9.3 “… and whiteness will be erased altogether”?
9.4 SIT FINIS LIBRI, NON FINIS QUAERENDI
Bibliografie
GET THE COMPLETE PROJECT
“TIME ERASES WHITENESS ALTOGETHER”? ’N ONDERSOEK NA AFRIKAANSE TEKSTE OOR DIE KONGO (DRK) (1912-2012)

Related Posts